'n Herbesoek aan NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver of Bitter begin

Fiche du document

Date

1 juin 2020

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO


Mots-clés

NP van Wyk Louw Die Pluimsaad waai ver of Bitter begin Afrikanernasionalisme teaterresepsie historiese drama geleentheidsdrama

Citer ce document

Marisa Keuris, « 'n Herbesoek aan NP van Wyk Louw se Die pluimsaad waai ver of Bitter begin », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.8d6sy3


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

In die annale van die Afrikaanse teatergeskiedenis beklee NP van Wyk Louw se historiese feesdrama, Die pluimsaad waai ver, of Bitter begin, wat as opdragwerk vir die Republiekfees in 1966 geskryf is, 'n besondere plek. Dié wat vertroud is met die werk en die geskiedenis daarom ken, is ook vertroud met die polemiese resepsie van hierdie werk kort ná die openingsopvoering op 25 Mei 1966 in Die Kleinteater (Pretoria) en die kritiek van die destydse Eerste Minister, dr. Hendrik Verwoerd, op Louw se uitbeelding in hierdie drama van die Afrikaner en die geskiedenis van die Anglo-Boereoorlog. In die dekades daarna het verdere polemieke rondom Louw ontstaan wat ook betrekking het op hierdie drama (onder andere die kritiek van Gerrit Olivier [1992] en Luc Renders [2002]). Teen die agtergrond van hierdie polemieke probeer ek om met ander fokuspunte iets nuuts te bring na die gesprek wat reeds in 1966 'n aanvang geneem het oor hierdie drama en waaroor gesprek na meer as vyftig jaar nog steeds moontlik is. Daar is drie aspekte wat uitstaan by 'n herbesoek aan NP van Wyk Louw se Die pluimsaad: eerstens die veelfasettigheid van die resepsie van ikoniese werke soos hierdie een binne 'n bepaalde teatertradisie, tweedens die verhouding tussen geskiedenis en die dramatiese uitbeelding/voorstelling daarvan in 'n teaterstuk, en derdens die drama se verbintenis met die tradisionele historiese geleentheidsdrama in Afrikaans.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en