Oxford aan die Amstel: Leerstoel Suid-Afrikaanse letterkunde in Amsterdam 80 jaar oud. Die beginjare en vroeë kontakte met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns

Fiche du document

Auteur
Date

1 septembre 2014

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO



Citer ce document

Ena Jansen, « Oxford aan die Amstel: Leerstoel Suid-Afrikaanse letterkunde in Amsterdam 80 jaar oud. Die beginjare en vroeë kontakte met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.967rca


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Die Amsterdamse leerstoel Zuid-Afrikaanse letterkunde is in 1933 deur die "Stichting tot bevordering van de studie van taal, letterkunde, cultuur en geschiedenis van Zuid-Afrika" ingestel aan wat toe nog de Gemeentelijke Universiteit van Amsterdam geheet het. Dit was 'n teken van erkenning deur die Nederlandse wetenskap dat Afrikaans uit Nederlands ontwikkel het tot 'n taal in eie reg, tot 'n "selfstandige loot aan die Germaanse taalboom". Op 9 Oktober 1933 het prof. dr. Gerrit Besselaar (1874-1947) sy intreerede as "bijzonder hoogleraar Zuid-Afrikaanse taal-, letterkunde en geschiedenis" gehou. Die leerstoel is ná 'n lang onderbreking tydens en na die Tweede Wêreldoorlog hervat en in die jare '50 en '60 van die vorige eeu beklee deur agtereenvolgens N.P. van Wyk Louw (1950-1958) en H. van der Merwe Scholtz (1959-1962). As gevolg van politieke druk en akademiese boikotaksies is die leerstoel later opgehef, maar ná die demokratiese omwenteling in Suid-Afrika is die tyd ryp geag vir die herinstelling daarvan. In Junie 1999 is 'n konsepvoorstel ingedien by die Fakulteit Geesteswetenskap van die Universiteit van Amsterdam (UvA) en 'njaar later het die "College van Bestuur" toestemming gegee vir die instelling van weer 'n "bijzondere" leerstoel. In September 2001 is Ena Jansen (gebore 1951) benoem, in April 2002 het sy met haar eerste lesingreeks begin en op 11 April 2003 haar intreerede gehou. In die artikel word veral aandag gegee aan die ontstaansjare van die leerstoel en aan kontakte tussen Amsterdam en die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en