Die geleefde ervarings van primêre skoolonderwysers binne 'n kuituur van performatiwiteit

Fiche du document

Date

1 décembre 2016

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO


Mots-clés

performatiwiteit fenomenologie bestaanswyses toerekenbaarheid geleefde ervaring onderwysers

Citer ce document

Milton van Wyk et al., « Die geleefde ervarings van primêre skoolonderwysers binne 'n kuituur van performatiwiteit », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.aelkob


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Die doel van hierdie studie is om uiteindelik 'n diepgaande begrip te vorm oor die belewenisse van laerskoolonderwysers met betrekking tot die fenomeen van performatiwiteit en die betekenis wat hulle daaraan heg. Die navorsingsvraag is: Wat is die geleefde ervarings van primêre skoolonderwysers binne 'n kuituur van performatiwiteit. In hierdie kwalitatiewe studie word daar op die hermeneuties-fenomenologiese navorsings benadering van Van Manen (1990) gekonsentreer. Die data is ingesamel deur fenomenologiese onderhoude met die deelnemers te voer, asook vanuit die deelnemers se eie geskrewe narratiewe. Die vier fundamentele eksistensiële bestaanswyses van Van Manen (1990) is gebruik om die ontleding van die data te rig. Tydens hierdie studie is die volgende bevind: Die bestaanswyse van "geleefde ruimte" was vir die deelnemers 'n heroproep en herbeleef van werklike, emosionele ervarings wat hulle moes verduur in hul pogings om tot die performatiewe diskoers te konformeer. Die bestaanwyse van die "geleefde liggaam" het kwessies van toerekenbaarheid en fisiologiese newe-effekte na vore gebring. Die bestaanswyse van "geleefde tyd" het die deelnemers se geleefde ervarings uit hul verlede, die hede en ook die toekoms in die onderwyslandskap uitgebeeld. Die bestaanswyse van die "geleefde ander" het die interpersoonlike verhoudings tussen die deelnemers en betrokke groepe onthul.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en