"Egtheid" in beeide: Die verwerking van verbatim tekste na verhoogbeelde met spesifieke verwysing na tot stof \ tot stilte - 'n paniekreaksie (2018)

Fiche du document

Date

1 mars 2020

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO



Citer ce document

André Krüger Gerber, « "Egtheid" in beeide: Die verwerking van verbatim tekste na verhoogbeelde met spesifieke verwysing na tot stof \ tot stilte - 'n paniekreaksie (2018) », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.bcktqr


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Hierdie artikel ondersoek die verwerking van verbatim teks na verhoogbeelde deur 'n ontleding van die jeugteaterproduksie getiteld tot stof | tot stilte - 'n paniekreaksie wat deur die Hoër Meisieskool Bloemhof in 2018 opgevoer is. 'n Ondersoek word gedoen na die konvensionele skeppingsmetodologie van verbatim teater. Daar word krities gekyk na die data-insamelings-, seleksie- en redigeringsproses van die gesproke teks. Daar word tot die gevolgtrekking gekom dat die seleksie- en redigeringsproses van die gesproke data-verwerkings van verbatim teks nie noodwendig die volledige omvang van die rou data vasvang nie. Dit is veral die geval wanneer die rou data nie noodwendig toneelmatige trefkrag het wanneer dit byvoorbeeld as teaterdialoog beskou word nie. Deur gebruik te maak van Lehmann (2016) se teorieë van postdramatiese estetika argumenteer ek in hierdie artikel dat 'n verwerker die rou gesproke data na beelde kan omskep om die kontekste, inhoud en prosesse van die data-insamelingsproses vas te vang. Hierdie verwerking kan as potensieel meer "eg" beskou word omdat daar moontlik 'n breër omvang van die rou data uitgebeeld kan word, veral gegewe sekere kontekstuele beperkings (die teatermatige ervaring van die spelers, of die lengte van die toneelstuk in verhouding tot die rou data). Deur die klem van die produksie op die verhoogbeelde te plaas, word die implisiete kunsmatigheid van verbatim teater belig. Daardeur word die problematiek van lewensgetrouheid, "egtheid" en die "samestelling van egtheid" in beide die verbatim vorm en verwerkingspraktyk op 'n nuwe manier ondersoek.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en