Enkele filologiese opmerkings oor die oorlewering, aard en inslag van Marcus Aurelius Antoninus se Meditasies

Fiche du document

Date

1 janvier 2008

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO


Mots-clés

Marcus Aurelius Meditasies Antieke Filosofie Stoïsisme Laat Stoa Teksoorlewering van die Meditasies Genre van Meditasies askese dood ontwikkeling persona

Citer ce document

Francois Bredenkamp, « Enkele filologiese opmerkings oor die oorlewering, aard en inslag van Marcus Aurelius Antoninus se Meditasies », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.kgl47m


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Na aanleiding van die onlangse verskyning (2007) van die skrywer se (literêre) vertaling van Marcus Aurelius Antoninus se Meditasies in Afrikaans, lewer hierdie artikel 'n oorsig van 'n aantal filologiese aspekte van die werk, veral ten behoewe van lesers van die vertaling. Aandag word gegee aan die vasstelbare herkoms van die teks, die oorlewering daarvan, die literêre aard en genre van die werk, asook die "innerlike werking" daarvan in 'n poging om die leser by te staan in sy eie verstaan en interpretasie van die Meditasies. In ooreenstemming met die interpretasie van Pierre Hadot, word die Meditasies hier geïdentifiseer en getipeer as Stoïsynse geestelike oefeninge wat ontwerp is om die innerlike diskoers van die beoefenaars daarvan op 'n gestruktureerde wyse te transformeer. Marcus se meditasies word hierin eerder gekarakteriseer as "vrye meditasies" as herhalende en onbuigsame "vraag-en-antwoord"-sessies (Robert Newman). Voorop in Marcus se gedagtes staan altyddeur sy eie waargenome naderende dood. Die voorrang wat Marcus aan sy eie pyn en lyding verleen, betuig 'n nuwe, tweede eeus-geskape kulturele uitdrukkingsvorm vir die subjektiwiteit van die menslike persona, asook Marcus se volledige bekering tot die Stoïsisme (Judith Perkins).

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en