Die vroegste Khoi-Afrikaans

Fiche du document

Date

1 juin 2016

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO



Citer ce document

Christo van Rensburg, « Die vroegste Khoi-Afrikaans », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.mw8s0p


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Die vroegste Khoi-Afrikaans verwys na die Khoi-Khoin se aanleerderstaal gedurende die eerste helfte van die sewentiende eeu. In hierdie taal, wat tydens kontak met besoekende seelui ontstaan het, kan heelwat Afrikaans gevind word en dit kan as die eerste periode in Afrikaans se geskiedenis beskou word. Die data wat hier bespreek word, is gedokumenteer tussen 1595 en 1652. Die databasis vir hierdie studie bestaan uit 54 optekenings wat ooreenkomste vertoon met Afrikaans. 'n Ondersoek na hierdie vroegste boustene van Afrikaans behels nie net 'n analise van die versamelde skraps data nie (in opvolging van verskeie publikasies van Den Besten en Nienaber), maar wys ook op die voorkoms van aanleerdersvorme wat steeds nie heeltemal verafrikaans het nie, selfs nie 'n paar honderd jaar ná die eerste optekenings daarvan nie. In dié opsig vind hierdie studie aansluiting by werk van Bergs (2012) en Janda en Joseph (2003), wat gegewens oor skraps data, en die lang lewe daarvan, by taalgeskiedenisse integreer.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en