Kreolisering en heling in Nuwe verse en Tristia van Van Wyk Louw

Fiche du document

Auteur
Date

1 juin 2020

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO



Citer ce document

Hein Viljoen, « Kreolisering en heling in Nuwe verse en Tristia van Van Wyk Louw », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.p0dhti


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Hierdie artikel is ʼn poging om Van Wyk Louw se werk postkoloniaal te lees, gefokus op sy opvattings oor suiwerheid en hibriditeit in kultuur en kulturele interaksie. Ek skets eers die huidige situasie in Suid-Afrika en argumenteer dan dat die opvattings van Édouard Glissant oor kreolisering en relasionaliteit ʼn nuwe perspektief op hierdie saak kan bied. Ek ontleed Louw se vroeë en latere opvattings oor volk, kultuur en kulturele interaksie in sy opstelle voordat ek sy digterlike praktyk in sy laaste twee bundels, Nuwe verse (1954) en Tristia (1962), ondersoek. Alhoewel Louw die klem aanvanklik plaas op die volk en die letterkunde as hoogste uiting van die volk, stel hy in sy latere opstelle ʼn meer genuanseerde opvatting van kulturele interaksie en sinkretisme. In Nuwe verse ontwyk Louw die negatiewe implikasies van kolonialisme, en in Tristia in groot mate ook, hoewel hy die Europese tradisie in laasgenoemde bundel sterk ironiseer en kreoliseer. In hierdie kreolisering en in die uitreik na iets anders lê inderdaad kieme van ʼn oper, transnasionale manier van dink oor letterkundes en kulture. Empaaier wég ("Puine", Tristia, Versamelde gedigte, bl. 282)

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en