Die skrifbeskouing van feministiese teoloe, in die besonder die van Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes - beoordeel in die lig van die gereformeerde teologie

Fiche du document

Date

1 janvier 2013

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO


Citer ce document

Alta E. Swart et al., « Die skrifbeskouing van feministiese teoloe, in die besonder die van Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes - beoordeel in die lig van die gereformeerde teologie », In die Skriflig, ID : 10670/1.phoeu4


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Dit wil voorkom asof die feministiese Skrifbeskouing op die beginsel van selektiewe Skrifgesag berus. Dit beteken dat slegs dié dele in die Bybel wat met die feministiese ideologie ooreenstem, as gesaghebbend aanvaar word. Dit is veral die sogenaamde androsentriese taalgebruik wat dit vir aanhangers van hierdie benadering moeilik maak om die hele Skrif as gesaghebbend te erken. Hermeneuties vertoon hierdie benadering groot ooreenkomste met die Postmodernisme, waarin geen vaste reëls bestaan om die betekenis van tekste te bepaal nie. Gesien in die lig van die gereformeerde teologie, soos veranker in die Woord en belydenisskrifte, vertoon die feministiese teologie ernstige leemtes. Die bydraes (Skrifbeskouing) van drie prominente feministiese teoloë - Fiorenza, Brenner en Van Dijk-Hemmes - word onder die loep geneem en teologies-krities geëvalueer ten einde hierdie leemtes uit te wys.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en