The future of legislated minimum wages in South Africa: Legal and economic insights

Fiche du document

Date

1 janvier 2018

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Source

De Jure

Organisation

SciELO


Citer ce document

Elsabe Huysamen, « The future of legislated minimum wages in South Africa: Legal and economic insights », De Jure, ID : 10670/1.pu0gah


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Werkloosheid- en gepaardgaande armoedevlakke in Suid-Afrika is uiters hoog. Selfs waar persone permanent werk, is sommige lone so laag dat die individue nie in 'n finansiële posisie is om basiese lewenskostes te finansier nie. Armoede, en gepaardgaande ongelykheid, bly 'n groot probleem in Suid-Afrika, veral gegewe die Grondwet se beskerming van die reg tot menswaardigheid en gelykheid vir almal. Suid-Afrika is egter nie uniek in hierdie opsig nie. Dit is 'n algemene tendens dat middel-inkomste lande dit moeilik vind om te kompeteer met lae-inkomste, lae-lone lande, terwyl hulle terselfdertyd sukkel om te kompeteer met gevorderde en hoë-inkomste lande. Werkgewers en vakbonde regoor Suid-Afrika ontmoet mekaar jaarliks om die onderhandelingstafel om onder andere basiese diensvoorwaardes, soos basiese lone, te bespreek. Indien die partye nie tot ooreenkoms kan kom in die onderhandelingsproses nie, kan dit lei tot stakings. Daar is egter 'n verskeidenheid opinies vanuit die regs wêreld en die ekonomiese arenas rakende die vlakke wat minimumlone behoort te handhaaf. Alhoewel geen klinkklaar gevolgtrekking bereik word nie, bespreek die artikel onder andere die volgende kwessies: of dit prakties en realisties is om minimumlone deur middel van wetgewing te reguleer in Suid-Afrika; watter impak wetlik-gereguleerde minimumlone moontlik kan hê op die Internasionale Arbeidsvereniging se Billike Werksagenda; en die moontlike formaat wat 'n suksesvolle wetlik-gereguleerde minimumloon-stelsel moontlik kan aanneem.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en