The labour rights of educators in South Africa and Germany and quality education: An exploratory comparison

Fiche du document

Date

1 février 2013

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Source

De Jure

Organisation

SciELO


Citer ce document

Johan Beckmann et al., « The labour rights of educators in South Africa and Germany and quality education: An exploratory comparison », De Jure, ID : 10670/1.tw5021


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Die aandrang op toegang tot onderwys vir almal soos vergestalt in die Education for All-beweging van die 1990s het deur die jare verander in 'n aandrang op toegang vir almal tot kwaliteit basiese onderwys soos beoog in die Dakar Framework for Action Education for All: Meeting Our Collective Commitments. Wêreldwyd was daar al etlike pogings om kwaliteit-onderwys te definieer en dit word telkens in verband gebring met onder meer die kwaliteit van onderwysers en die gehalte van hulle opleiding, hoewel geen reglynige verhouding aangedui kan word nie. Die UNESCO/ ILO Recommendation concerning the Status of Teachers van 1966 gaan van die standpunt uit dat opvoeders toegang tot bepaalde regte, insluitende arbeidsregte, moet hê om hulle werk om kwaliteit-onderwys te voorsien behoorlik te kan doen. In Suid-Afrika het opvoeders volle eenvormige toegang tot die volledige reeks arbeidsregte in die Grondwet en ander wetgewing terwyl daar in Duitsland twee stelsels arbeidsregte vir opvoeders geld. Baie navorsing is nog nodig oor die verhouding tussen opvoeders se arbeidsregte (en die gebruik en misbruik daarvan) en die kwaliteit van onderwys en ons voer aan dat beperkings op fundamentele arbeidsregte en volle en onbeperkte toegang tot arbeidsregte sonder om enige ander faktore rakende kwaliteit-onderwys in ag te neem beide problematies is.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en