The institutionalisation of community service and community service learning at South African tertiary institutions: With specific reference to the role of university law clinics

Fiche du document

Date

1 janvier 2012

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Source

De Jure

Organisation

SciELO


Citer ce document

Neels Swanepoel et al., « The institutionalisation of community service and community service learning at South African tertiary institutions: With specific reference to the role of university law clinics », De Jure, ID : 10670/1.vk7wav


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Met die institusionalisering van samelewingsdiens-¹ en diensleer aan Suid-Afrikaanse tersiêre instellings, is dit nodig om die rol van Suid-Afrikaanse universiteitsregsklinieke in die lig daarvan te ondersoek. Die artikel ondersoek die omskrywings van gemeenskapsdiens- en diensleer en kom tot die gevolgtrekking dat ten spyte van die feit dat gemeenskapsdiens- en diensleer, en kliniese regsonderrig baie gemeen het, elkeen 'n afsonderlike onderrigmetodologie is. Die tradisionele "werklike kliënt"-model van kliniese regsonderrig wat aan die meeste universiteitsregsklinieke gevolg word, voldoen egter nie per definisie aan óf gemeenskapsdiens- óf gemeenskapsdiensleer vereistes nie. Die artikel wys op die verskille, maar ook die ooreenkomste tussen die drie onderrigmetodologie. Dit beklemtoon die omskrewe vereistes by suiwer gemeenskapsdiens- en diensleer programme, naamlik die van gemeenskapsvennootskappe en die vereiste van wederkerige leer en -onderrig. Ten einde institusionele ondersteuning te verkry is 'n heroorweging van die tradisionele rol van universiteitsregs-klinieke nodig om vas te stel of ware gemeenskapsdiens- en diensleer modules deur universiteitsregsklinieke akkommodeer kan word. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat hulle ideaal geposisioneer is vir hierdie doel, en demonstreer dit aan die hand van 'n gemeenskapsdiensleerprogram wat inkorporeer is in die module bewysreg. Die artikel kom tot die gevolgtrekking dat die insluiting van ware gemeenskapsdiens- en diensleer modules aanvullend tot kliniese regsonderrigprogramme institusionele geldelike steun kan lok tot voordeel van die operasionele kostes van universiteitsregsklinieke.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en