The past, present and future of vicarious liability in South Africa

Fiche du document

Date

1 janvier 2012

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Source

De Jure

Organisation

SciELO


Citer ce document

Monray Marsellus Botha et al., « The past, present and future of vicarious liability in South Africa », De Jure, ID : 10670/1.08a5gj


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Die onlangse - en volgens sommige, onrusbarende - tendens in Suid-Afrika om werkgewers (veral die staat) aanspreeklik te hou vir die onregmatige, skuldige dade van hulle werknemers gee aanleiding tot probleme en enige ondersoek na die moontlike middellike aanspreeklikheid van die werkgewer moet noodwendig altyd begin met die vraag of die werknemer wel 'n delik gepleeg het. Waar daar nie 'n delik is nie, is daar nie sprake van direkte of middellike aanspreeklikheid nie. Dit is belangrik om vas te stel wat die verhouding tussen die delikspleger en sy werkgewer was waar dit vasstaan dat die werknemer wel 'n delik gepleeg het. Dit is dan juis by die vasstelling of die werknemer in die loop van sy diens gehandel het dat beleids-oorwegings na vore kom. Suid-Afrikaanse howe het oor die jare toetse geformuleer om vas te stel of 'n werknemer in die loop van sy diens gehandel het of nie. Die doel van hierdie artikel is om die probleem van middellike aanspreeklikheid onder die loep te neem. Eisers probeer altyd in die diepste sakke grawe - diè van werkgewers - en hierdie tendens sal waarskynlik voortgesit word. Hierdie artikel streef om 'n nuwe perspektief op middellike aanspreeklikheid te gee en begin deur 'n kort historiese oorsig van hierdie vorm van skuldlose aanspreeklikheid in Suid-Afrika. Die artikel bespreek ook 'n aantal spesifieke probleme, waarvan die dilemma aangaande werknemers wat op diens is of nie en die ingewikkelde vraag rondom diensbestek die eerste is. Die artikel ondersoek ook die Wet op Arbeidsverhoudinge soos wat dit op wangedrag van toepassing is en die aard van die verhouding tussen werkgewer en werknemer. Direkte aanspreek-likheid as 'n alternatiewe eisoorsaak teen werkgewers onder sekere omstandighede word spesifiek gemeld.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en