Filosofie as aktualiteitsinterpretasie. Marinus Schoeman as denker

Fiche du document

Date

1 mars 2017

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO



Citer ce document

Pieter Duvenage, « Filosofie as aktualiteitsinterpretasie. Marinus Schoeman as denker », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.0vh141


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

In hierdie bydrae word Marinus Schoeman se denkweg van 42 jaar as filosoof aan die Universiteit van Pretoria geïnterpreteer. Schoeman is 'n tipe Sokrates-figuur en verfrissende voorbeeld in 'n land waar filosowe al te gou in magsposisies belangstel, in plaas daarvan om die grootse roeping van die denke na te volg. Nadat enkele persoonlike opmerkings oor Schoeman gemaak word (deel 1), bestaan hierdie bydrae uit vier dele. In die tweede deel word Schoeman se loopbaan teen die agtergrond van die verskynsel van Afrikaanse filosofie geplaas. Daar word verwys na Schoeman se mentors aan die Universiteit van Pretoria en hoe hulle hom in ten minste sewe sistematiese navorsingsvelde, kenmerkend van Afrikaanse filosofie, ingelei het. Hierna verskuif die fokus na Schoeman self en 'n nabye lees van sy eerste filosofiese werk oor die denke (Kritiese Teorie) van Herbert Marcuse (deel 3). Dit word opgevolg met 'n kritiese waardering van sy vroeëre lees van die Kritiese Teorie en 'n uiters bondige interpretasie van sy latere filosofiese loopbaan wat uiteindelik in die deugde-etiek van Nietzsche en Arendt kulmineer (deel 4). Laastens word daar met enkele opmerkings oor die roeping van die filosoof in Suid-Afrika volstaan en hoe ons daaroor in gesprek met Marinus Schoeman se denkweg kan bly.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en