1 septembre 2014
Marisa Botha, « Traumaverwerking in Krog se Kleur kom nooit alleen nie », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.1xq5dn
Hierdie artikel ondersoek die terapeutiese waarde van poësie skryf in die verwerking van trauma.3 Daar word gefokus op Antjie Krog se digbundel Kleur kom nooit alleen nie (2000), veral die afdelings "Wondweefsel" en "Bindweefsel" met verse oor die Anglo-Boereoorlog, apartheid en die Rwandese volksmoord. Krog se rol as sekondêre getuie tydens die Waarheids- en Versoeningskommissie kom onder die loep en daar word gekyk na hoe sy haar eie trauma van die WVK-verhore verwerk, asook wat die nagevolge is van haar deelname daaraan (wat Laub noem "hazards of listening"). Daar word ook verwys na die geskenk van stories (getuienis) en die verantwoordelikheid van die sekondêre getuie om hulle etiese plig te vervul en daardie stories ook aan ander mee te deel, sodat diegene wat gesterf het, kan voortleef in herinneringe.