Die noodsaak daarvan om metateoretiese vertrekpunte in 'n prakties-teologiese wetenskapsbeskouing en-beoefening te verreken

Fiche du document

Date

1 novembre 2012

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO


Citer ce document

Ben J. de Klerk et al., « Die noodsaak daarvan om metateoretiese vertrekpunte in 'n prakties-teologiese wetenskapsbeskouing en-beoefening te verreken », In die Skriflig, ID : 10670/1.2ykebx


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Hierdie artikel is die vierde publikasie wat uit die navorsingsprojek Metateoretiese vertrekpunte in die praktiese teologie voortvloei. In die voorafgaande artikels is 'n saak uitgemaak vir die noodsaak daarvan om rekening te hou met die eie metateoretiese vertrekpunte rakende werklikheidsbeskouing en met kriteria waarvolgens die hermeneutiese proses wat in handelinge in die navorsingsveld van die praktiese teologie ter sprake kom, geïnterpreteer word. In hierdie artikel verskuif die fokus na die metateoretiese vertrekpunte wat in die navorser se wetenskapsbeskouing en -beoefening ter sprake kom. Die rol wat metateoretiese faktore speel in die manier waarop die wese en taak van die wetenskap gedefinieer word, kry aandag. 'n Poging word aangewend om 'n model te ontwerp waarin die teenwoordigheid en uitwerking van die navorser se metateoretiese vertrekpunte integraal verreken word in die proses van prakties-teologiese wetenskapsbeoefening. 'n Huidige navorsingsprojek, waarmee een van die medeskrywers van hierdie artikel besig is, word bespreek as voorbeeld van die impak wat metateoretiese vertrekpunte op die ontwerp van 'n studie kan hê.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en