The role of the courts in ensuring the right to a basic education in a democratic South Africa: a critical evaluation of recent education case law

Fiche du document

Auteur
Date

1 juin 2013

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Source

De Jure

Organisation

SciELO


Citer ce document

Ann Skelton, « The role of the courts in ensuring the right to a basic education in a democratic South Africa: a critical evaluation of recent education case law », De Jure, ID : 10670/1.808fvz


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Hierdie artikel ontleed onlangse regspraak aangaande die reg op basiese odnerwys. Die "vier A-skema", wat deur 'n voormalige spesiale rapporteur op onderwys van die Verenigde Nasies voorgestel is en deur die Komitee op Sosiale-, Ekonomiese- en Kulturele Regte in sy Algemene Kommentaar 13 ondersteun is, vorm die raamwerk vir die ontleding. Die vier A-skema omvat beskikbaarheid (availability), toeganklikheid (accessibility), aanvaarbaarheid (acceptability) en aanpasbaarheid (adaptability). 'n Kritiese ontleding van die regspraak dui aan dat daar probleme in die lewering van basiese onderwys in Suid-Afrika bestaan met betrekking tot elkeen van die vier verwante elemente. Sommige van die hindernisse het betrekking op die versuim om noodsaaklike vereistes soos infrastruktuur, skryfbehoeftes en vervoer te voorsien. Ander uitdagings hou verband met geskille rakende die magte van skoolbeheerliggame en skole teenoor die magte van provinsiale departe-mentshoofde, lede van provinsiale uitvoerende komitees en, ten opsigte van nasionale beleid, die nasionale Minister van Basiese Onderwys. Die artikel wys dat litigasie 'n belangrike rol speel om die reg op basiese onderwys te verwesenlik, geskille te besleg en die toewysing van dienste en middele aan leerders te verseker. Die slotsom is dat die soms noodsaaklik en gepas is om die geregtelike roete wat binne 'n grondwetlike demokrasie beskikbaar is, te volg om die reg op basiese onderwys te verwesenlik.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en