'n Leksikografiese datatrekkingstruktuur vir aanlyn woordeboeke

Fiche du document

Date

1 janvier 2018

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Source

Lexikos

Organisation

SciELO



Citer ce document

Rufus H. Gouws, « 'n Leksikografiese datatrekkingstruktuur vir aanlyn woordeboeke », Lexikos, ID : 10670/1.fp95i1


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Op die gebied van die leksikografie het die oorgang vanaf gedrukte na aanlyn woordeboeke 'n ingrypende invloed op talle aspekte van sowel die leksikografieteorie as die leksi-kografiepraktyk. In die voortgesette ontwikkeling van die leksikografieteorie moet hierdie invloed verwoord word sodat daar riglyne gebied kan word vir die optimale benutting van die vooruit-spruitende aanpassings in die leksikografiepraktyk. Woordeboekstrukture moet opnuut ondersoek word om vas te stel watter strukture in die nuwe medium behou kan word, watter strukture aan aanpassings onderhewig is en watter nuwe strukture na vore tree. In hierdie artikel is die fokus op aanpassings in leksikografiese strukture. Daar word verwys na strukture waarvoor aanpassings reeds in die metaleksikografie bespreek is. Die hoofklem is op verskillende vorme van die dataverspreidingstruktuur in aanlyn woordeboeke. Voorsiening word gemaak vir 'n omvattende dataverspreidingstruktuur wat in woordeboekportale gebruik kan word en die gebruiker toegang tot woordeboekeksterne bronne gee. Die behoefte aan groter vryheid van die gebruiker om data te kies wat benodig word, lei tot voorstelle vir 'n nuwe struktuur, naamlik die datatrekkingstruktuur. Met behulp van hierdie struktuur kan gebruikers regstreeks vanuit 'n bepaalde posisie in 'n aanlyn woordeboek toegang kry tot die internet as leksikografiese korpus om aan die data daar die inligting te onttrek wat in 'n bepaalde gebruiksituasie verlang word. Die data-trekkingstruktuur bevestig die status van woordeboeke as geïntegreerde inligtingsinstrumente en plaas hulle binne die bestek van 'n oorkoepelende datastruktuur.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en