Die persepsies en houdings van gelowige jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik

Fiche du document

Date

1 janvier 2013

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO


Citer ce document

Pretorius(née) ViljoenRinee et al., « Die persepsies en houdings van gelowige jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik », In die Skriflig, ID : 10670/1.fu6olq


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Hierdie artikel is gebaseer op empiriese navorsing om die persepsies en houdings van gelowige, jonggetroude egpare oor seksuele intimiteit in die huwelik na te vors. Daar is gefokus op hoe die egpare die verhouding sien waarbinne seksuele intimiteit geniet en beleef mag word; wat na hulle mening die man en vrou se plig is rakende die seksuele; wat hulle persepsies is oor die vryheid wat seksuele intimiteit binne die huwelik bied, en wat eksklusiwiteit ten opsigte van seksuele intimiteit binne die huwelik vir elkeen van hulle beteken. 'n Kwalitatiewe navorsingsontwerp is gebruik en sewe gelowige egpare wat minder as twee jaar getroud was (N = 11), het aan die navorsing deelgeneem. Die navorsingsdata is uit 'n kort vraelys verkry en deur semigestruktureerde onderhoude wat met sommige van die deelnemers gevoer is. 'n Ryke oes van data is verkry en 'n hele aantal temas is identifiseer. Hierdie temas sluit goed aan by die basisteoretiese en metateoretiese perspektiewe wat as onderbou vir hierdie navorsing gedien het.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en