P.J. (Piet) van der Merwe en D.J. (Dirk) Kotzé aan die stuur by Stellenbosch, 1959-1977: Goue jare of verspeelde geleenthede?

Fiche du document

Auteur
Date

1 janvier 2008

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Source

Historia

Organisation

SciELO



Citer ce document

J.S. Bergh, « P.J. (Piet) van der Merwe en D.J. (Dirk) Kotzé aan die stuur by Stellenbosch, 1959-1977: Goue jare of verspeelde geleenthede? », Historia, ID : 10670/1.h9t0d0


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Hierdie artikel fokus op die periode 1959 tot 1977, maar gee ook aandag aan die voorafgaande en daaropvolgende jare wanneer nodig. Dit benut die herinneringe van kollegas en studente van P.J. van der Merwe en D.J. Kotzé saam met ander bronne. Die Departement Geskiedenis aan die Universiteit van Stellenbosch het in hierdie tydperk skerp kontraste tussen uitstaande prestasies en betekenisvolle tekortkominge vertoon. Die meriete van Van der Merwe en Kotzé se publikasies is byvoorbeeld wyd deur eweknieë in dié tyd erken. Die tesisse van nagraadse studente was ook van merkbare hoë gehalte. Onderrig aan derdejaars- en honneursstudente was egter van gemengde gehalte. Studente van die laat-vyftiger- en die sestigerjare was veral skerp krities teenoor Van der Merwe in hierdie verband. Die swak punt in hierdie tydperk was die outokratiese bestuurstyl en gebrek aan akademiese interaksie tussen kollegas in die departement en met ander Geskiedenisdepartemente. Ten spyte van hierdie tekortkominge het studente en dosente van hierdie periode nogtans daarin geslaag om hulleself in mededingende posisies tussen mede-historici in Suid-Afrika te vestig - in 'n groter mate as in enige ander vergelykbare tydperk in die geskiedenis van die departement. Dit demonstreer in sekere opsigte die positiewe invloed van dié tydperk.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en