Op soek na 'n gebalanseerde beeld van H.F. Verwoerd

Fiche du document

Date

1 janvier 2013

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Source

Koers

Organisation

SciELO


Citer ce document

Johannes D. Froneman, « Op soek na 'n gebalanseerde beeld van H.F. Verwoerd », Koers, ID : 10670/1.kl1po3


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Doktor H.F. Verwoerd is waarskynlik die mees omstrede politieke figuur in Suid-Afrika se geskiedenis. Gedurende sy lewe is hy deur sy aanhangers bewonder, maar selfs sy kritici het erkenning aan hom gegee as 'n man van statuur. Vandag word hy meestal as simbool van brutale rasse-oorheersing getipeer. Hierdie artikel gee ten eerste insig in die soms teenstrydige standpunte wat in sy lewe, pas na sy dood en in later jare deur die pers oor Verwoerd uitgespreek is. Hierdie verskynsel word mediateoreties bespreek. Daarna volg 'n oorsig oor standpunte wat in die literatuur oor Verwoerd uitgespreek is, insluitende resente publikasies deur Hermann Giliomee, 'n vooraanstaande historikus. Teen die agtergrond van diverse en soms eensydige menings, word J.J. (Ponti) Venter se artikel oor Verwoerd se denke, wat in 1999 in Koers - Bulletin for Christian Scholarship gepubliseer is, bespreek as voorbeeld van 'n gebalanseerde intellektuele bydrae tot die voortgaande debat. Daar word geargumenteer dat Venter se bydrae belangrik was vanweë die skerp analises oor Verwoerd se denke. Venter se artikel, wat op toesprake gegrond is, verskaf egter te min konteks. Die nodige konteks word wel in ander publikasies en die pers gevind. Daar word aangevoer dat geen oordeel oor enige belangrike historiese figuur finaal is nie, veral nie indien net die pers geraadpleeg word nie. Soos met betrekking tot Verwoerd moet kontemporêre persdekking altyd aangevul word met deeglike navorsing oor die onderwerp. In die besonder is sober analises deur openbare intellektuele soos Venter nodig en dit moet ingesluit word in die beoordeling van Verwoerd.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en