Die tema van God se spraak in Hebreërs se inleidingsformules

Fiche du document

Date

1 janvier 2015

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO


Citer ce document

Albert J. Coetsee et al., « Die tema van God se spraak in Hebreërs se inleidingsformules », In die Skriflig, ID : 10670/1.l1j9dm


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Alhoewel die voorkoms en gebruik van die Ou Testament in die meeste navorsing oor Hebreërs besonder baie aandag geniet, is dit nie die geval met die Hebreërskrywer se gebruik van inleidingsformules vir sy Ou-Testamentiese aanhalings nie. Die gevolg is dat daar tot op hede betreklik min selfstandige navorsing oor die Hebreërskrywer se tema van God se spraak by sy inleidingsformules gedoen is. In hierdie artikel word Hebreërs se inleidingsformules in besonderhede nagegaan om te bepaal wat die aard en inhoud van die Hebreërskrywer se verwysings na die tema van God se spraak in sy inleidingsformules is. Daar word onder andere bepaal dat Hebreërs 38 direkte aanhalings vanuit die Ou Testament bevat, dat die Hebreërskrywer, met slegs een uitsondering, elke inleidingsformule met 'n werkwoord van sê inlei, dat 'n Persoon van die Drie-eenheid in 34 van die 38 direkte aanhalings (± 89%) die onderwerp en gevolglike Spreker van die Ou-Testamentiese woorde is, dat die Hebreërskrywer al drie Persone van die Drie-eenheid as God beskou, en dat die Hebreërskrywer oortuig is dat die Ou Testament geïnspireer is en God se geldige en relevante openbaring bly.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en