Die liefdestema in Tristia van NP van Wyk Louw en sy "Groot ode" as liefdeselegie

Fiche du document

Date

1 juin 2020

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO



Citer ce document

Heilna Du Plooy, « Die liefdestema in Tristia van NP van Wyk Louw en sy "Groot ode" as liefdeselegie », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.o2l9vd


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

In hierdie artikel word verslag gelewer van 'n lesing van "Groot ode" as 'n liefdeselegie. Die aanleiding vir die ondersoek is 'n opmerking deur PG du Plessis oor Louw se eie siening van die gedig. Die lesing word geplaas teen die agtergrond van die aanvanklike resepsies van Tristia en "Groot ode" as poësie wat hoofsaaklik gemoeid is met metafisiese vraagstukke. Daarna word 'n verkenning van Tristia onderneem om liefdesgedigte wat metafories verskuil word en tussen ander gedigte in die bundel geplaas is, uit te lig. Die titel Tristia roep onvermydelik assosiasies met die klassieke wêreld op en daarom word die Romeinse liefdeselegie betrek in die interpretasie van "Groot ode". Op grond van kerneienskappe van die Romeinse liefdeselegie word liefdesmotiewe in "Groot ode" nagegaan en herinterpreteer. Dit wil voorkom asof die tema van 'n liefdesafskeid weldeeglik in die gedig aanwesig is en inderdaad die primêre aanleiding is vir die filosofiese, religieuse en etiese besinning in die gedig.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en