Die hedendaagse Afrikaanse poësiesisteem: Op soek na die mees verteenwoordigende wiskundige model van die rolspelerverhoudings daarbinne

Fiche du document

Date

1 mars 2017

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO



Citer ce document

Bürgert Senekal, « Die hedendaagse Afrikaanse poësiesisteem: Op soek na die mees verteenwoordigende wiskundige model van die rolspelerverhoudings daarbinne », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.rv7v7p


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Die sisteemteoretiese benadering tot die literatuurstudie is reeds deeglik gevestig, ook in Afrikaans. Sisteme kan as netwerke gemodelleer word en sedert die vyftigerjare van die vorige eeu is 'n groot aantal netwerkmodelle binne die wiskundige grafiekteorie ontwikkel. Die huidige studie vergelyk die hedendaagse Afrikaanse poësiesisteem en die Afrikaanse literêre sisteem van ander tydperke met twee netwerkmodelle ten einde te bepaal watter netwerkmodel die juisste voorstelling van Afrikaanse literêre netwerke verteenwoordig. Twee van die belangrikste netwerkmodelle in die wiskundige grafiekteorie, naamlik die lukrake netwerkmodel van Erdös en Rényi (1959; 1960 - voortaan die ER-model) en die skaalvrye netwerkmodel van Barabási en Albert (1999 - voortaan die BA-model), word bespreek en met behulp van Pearson se korrelasiekoëffisiënt word die korrelasies tussen die skakelverspreidingspatrone van Afrikaanse literêre netwerke en hierdie twee netwerkmodelle bereken. Daar word aangetoon dat sowel die hedendaagse Afrikaanse poësiesisteem as ander Afrikaanse literêre netwerke akkuraat met die BA-model gemodelleer kan word. Die betekenis van hierdie modellering word bespreek, veral met betrekking tot hoe die groei van die literêre netwerk daar uitsien, dit wil sê, deur Barabási se beginsel van selektiewe skakelvorming op die hedendaagse Afrikaanse poësie van toepassing te maak.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en