Versoening tussen leerders: Is parallelmediumskole die antwoord op die rassismeprobleem?

Fiche du document

Date

1 juin 2017

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO



Citer ce document

Elize Du Plessis et al., « Versoening tussen leerders: Is parallelmediumskole die antwoord op die rassismeprobleem? », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.vbqph4


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Die Suid-Afrikaanse Grondwet stel dit duidelik dat enige vorm van diskriminasie nie toegelaat mag word nie. In ons skole beteken dit dat elke leerder ʼn reg het op goeie opvoeding en ʼn veilige skoolomgewing. Die fokus van hierdie navorsing is gerig op bestaande parallelmediumskole. Die uiteindelike vraagstuk is dus hoe multikulturele onderwys bevorder word en hoe rassisme aangespreek kan word? As teoretiese raamwerk is Kohlsberg se kognitiewe ontwikkelingsbenadering en Whitehouse se univerele waarderaamwerkbenadering gebruik om die navorsing te anker. As derde raamwerk beskou die skrywers egter Gandhi se moraliteitsfilosofie as ʼn perfekte eksponent van die strewe na versoening aan die hand van moraliteit as'n teenvoeter vir rassisme en ook as 'n voorwaarde vir nasiebou. Het Gandhi se opvattinge enigsins waarde vir die opvoeding en onderrig van leerders in Suid-Afrika en kan dit moontlik gebruik word om rassisme in skole aan te spreek? Hierdie vrae is met behulp van ʼn kwalitatiewe dokumentanalise beantwoord. Die bevindinge toon dat drie beginsels van Gandhi se moraliteitsfilosofie 'n voorvereiste is vir die bekamping van rassisme in parallelmediumskole. Die aanbeveling is dat alle aspekte van die onderwys gerig moet wees op die verowering van moreel-verantwoordbare selfverwesenliking.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en