Hermeneutiese uitdagings aan Christosentriese prediking vanuit Ou-Testamentiese narratiewe

Fiche du document

Date

1 mars 2014

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO


Citer ce document

Hendrik S.W Strauss et al., « Hermeneutiese uitdagings aan Christosentriese prediking vanuit Ou-Testamentiese narratiewe », In die Skriflig, ID : 10670/1.w8y4xb


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Baie predikers vind dit moeilik om Christus vanuit die Ou Testament te verkondig. Die probleem van Christosentriese prediking uit die Ou Testament is wesenlik 'n hermeneutiese probleem. In hierdie artikel word gepoog om 'n antwoord hierop te bied deur eerstens bepaalde ankers in 'n see van hermeneutiese moontlikhede te identifiseer. Hierdie ankers sluit in die Christelike karakter van die Ou Testament en die eenheid tussen die Ou en Nuwe Testament met 'n universele boodskap. Ten einde Christus op 'n geloofwaardige en verantwoordelike wyse vanuit die Ou Testament te preek, is 'n eksegetiese metode waarin rekening gehou word met die karakter van die Ou Testament, sowel as die verhouding daarvan tot die Nuwe Testament, onontbeerlik. Die holisties histories-kritiese metode dien, na ons mening, Christosentriese prediking uit die Ou Testament die beste, aangesien dit die literêre, historiese en teologiese aspekte van 'n teks verreken. Terwyl 'n verantwoordelike eksegetiese metode die basis lê vir Christosentriese prediking uit die Ou Testament, word daar ook 'n verkenning gedoen van sinvolle (organiese) oorgange vanuit Ou-Testamentiese narratiewe na die Nuwe Testament. Aangesien Christosentriese prediking uit die Ou Testament nie sonder gevare is nie, word enkele slaggate ten opsigte daarvan uit die Ou-Testamentiese narratiewe uitgelig.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en