Die gebrek aan behoorlike sanitasie en toegang tot water in Suid-Afrikaanse skole: Hoe 'n etiek van verantwoordelikheid kan help

Fiche du document

Auteur
Date

1 septembre 2022

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO



Citer ce document

Chris Jones, « Die gebrek aan behoorlike sanitasie en toegang tot water in Suid-Afrikaanse skole: Hoe 'n etiek van verantwoordelikheid kan help », Tydskrif vir Geesteswetenskappe, ID : 10670/1.ykomhd


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Hierdie artikel fokus op die fundamentele mensereg van toegang tot voldoende water en, daaruit voortvloeiende, sanitasie, en kyk meer spesifiek na hoe die stand van sake in hierdie opsig in Suid-Afrikaanse skole lyk. Dit fokus op die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie se verslag oor die sanitasie-infrastruktuur en waterverskaffing in skole in al nege Suid-Afrikaanse provinsies. Dit wys ook daarop dat dringende aandag daaraan nodig is, omdat 366 skole tans steeds sonder watertoevoer is, en 'n verdere 3 297 skole steeds van puttoilette gebruik maak. Hierna word daar stil gestaan by die Suid-Afrikaanse filosoof Anton van Niekerk se etiek van verantwoordelikheid, wat dan kortliks geintegreer word met die Suid-Afrikaanse teoloog Etienne de Villiers se benadering tot 'n etiek van verantwoordelikheid. Daar word gekyk wat die waarde daarvan kan wees vir die oplos van die probleme rakende sanitasie en watervoorsiening in skole. Laastens volg enkele slotgedagtes oor sekere kenmerke van 'n (toegepaste) etiek van verantwoordelikheid. Alhoewel laasgenoemde voor die hand liggend en effens kunsmatig mag voorkom wat hierdie problematiek in skole betref, kan die verantwoordelikheid wat op die staat in hierdie opsig rus, nie genoeg beklemtoon en teoreties begrond word nie.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en