"Om te kan asemhaal": transformerende mimesis as voorwaarde vir betrokkenheid in die poësie van Antjie Krog

Fiche du document

Date

1 janvier 2011

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Source

Koers

Organisation

SciELO



Citer ce document

C. Kostopoulos, « "Om te kan asemhaal": transformerende mimesis as voorwaarde vir betrokkenheid in die poësie van Antjie Krog », Koers, ID : 10670/1.c5w7un


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Betrokke skryfwerk benadruk 'n tipe verhouding tussen die teks, die werklikheid en die leser en dit veronderstel mimesis. Mimesis is egter 'n oënskynlik uitgediende konsep in die literêre estetika. Daarom is dit noodsaaklik om mimesis konseptueel te rehabiliteer ten einde wesenlike literêre betrokkenheid te kan verreken. Sodanige rehabilitasie kan gedoen word via Paul Ricoeur se teorie van drievoudige mimesis, ook bekend as die mimetiese boog. Die mimetiese boog laat 'n siening van mimesis toe wat nóg estetiese outonomie, nóg estetiese heteronomie privilegeer. Daardeur word die invloedsfeer van kuns in die samelewing behou, sonder dat kuns se eiesoortige doelwitte en karaktertrekke prysgegee word. Die drievoudige mimetiese proses dui gevolglik op 'n transformerende mimesis wat as die moontlikheidsvoorwaarde van literêre betrokkenheid self dien. Die beginsels van transformerende mimesis is op 'n duidelike en insiggewende wyse teenwoordig in die poësie van Antjie Krog. Haar poësie kan derhalwe as eksemplariese-betrokke kuns beskou word.

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en