Die liggaam-van-Christus-metafoor: Instrument vir die effektiewe uitvoering van die missionale opdrag

Fiche du document

Date

1 janvier 2008

Type de document
Périmètre
Langue
Identifiant
Organisation

SciELO


Citer ce document

J.M. Olwagen et al., « Die liggaam-van-Christus-metafoor: Instrument vir die effektiewe uitvoering van die missionale opdrag », In die Skriflig, ID : 10670/1.gsv31d


Métriques


Partage / Export

Résumé 0

Die praktyk toon dat baie AGS-pastore moontlik so besig is met 'n veelheid take en verantwoordelikhede dat hulle nie daarby uitkom om hulle gemeentelidmate effektief te mobiliseer om by vrywillige dienswerk betrokke te raak nie (vgl. Ef. 4:12). Die gevolg is dat sulke gemeentes dikwels nie effektief funksioneer om die missionêre opdrag met welslae uit te voer nie (vgl. Matt. 28:19). Pastore slaag nie daarin om, volgens die raad wat Moses se skoonvadervirhom gegee het (vgl. Eks. 18), meer effektief te werk deur hulle lidmate as deeltydse vrywillige dienswerkers te mobiliseer om die Bybelse opdrag uit te voer nie. Die mobilisering van lidmate vind plaas deur lidmate te bemagtig om hulle gawes te ontdek en te ontwikkel, en dan daarmee saam vrywillige dienswerk te beoefen. Die klem in die artikel lê by wat Hendriks (2004:11) "gemeentelike teologie" noem. Volgens Hendriks (2004:25) is gemeentelike teologie 'n teologie wat deur die liggaam-van-Christus-metafoorgemeentes beoefen word (vgl. Ef. 4:11-16). Die metafoor van gemeentes wat as liggaam-van-Christus wil funksioneer, naamlik gemeentes wat die belangrikheid van vrywillige dienswerk van die lidmate beklemtoon, geniet verdere ontwikkeling in hierdie artikel.¹

document thumbnail

Par les mêmes auteurs

Exporter en